Laerskool Dalview se nuwe leiers is reg om die leisels oor te neem
Laerskool Dalview se blinknuwe leiers.
Miné Van Vuuren
Die twee leerlingraadvoogde, Francois Benadé en Zuné Grobler, staan agter saam met die hoofseun en hoofdogter vir 2019, Renko Nell en Thandi du Toit. Die onderhoofleiers is (voor, van links): Jan-Daniel Smit, Tiaan Delport, Steven Williams, Lumé Fourie, Shikira Schmidt en Karla Jansen van Vuuren.
Die Laerskool Dalview is trots op sy leerlingraad wat vir 2019 ’n groot verantwoordelikheid op hulle skouers gaan dra.