Editor's choiceLocal newsNews

Raak só betrokke by die Just Wheels Motorskou

Alle opbrengste van die skou word aan Muriel Brand Skool geskenk.

Skole, klubs, welsynorganisasies en besighede word uitgenooi om vanjaar deel te wees van die 10de Just Wheels Motorskou wat op 25 Mei plaasvind.

‘n Optog deur die dorp,  in aanloop tot die skou, word vir 24 Mei beplan en die organiseerders hoop om ‘n groot aantal vlotte in die optog te kan hê.

“Ons nooi dus skole, klubs,    welsynorganisasies en besighede uit om betrokke te raak,” het Bart Zaayman, organiseerder van die skou gesê.

“Hierdie is vir ons ‘n groot jaar aangesien ons die 10ste bestaansjaar van die skou vier asook die 50ste bestaansjaar van Muriel Brand Skool en die 100ste bestaansjaar van die dorp,” het Zaayman bygevoeg.

Belangstellendes asook besighede wat hul weg oopsien om pryse vir die beste vlotte te borg kan vir Bart Zaayman kontak by 082 263 7567.

Lees ook: Muriel Brand Skool ontvang stewige bedrag van Just Wheels Motorklub

Volg ons:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter 

 

Related Articles

Back to top button