Anker atlete presteer by Puma School of Speed

Verskeie atlete van Die Anker het hul persoonlike beste tye en afstande vir die jaar behaal.

Atlete van Hoërskool Die Anker het Saterdag aan die Puma School of Speed atletiekbyeenkoms wat by die Ruimsig Stadion gehou is, deelgeneem.

Die byeenkoms is elke jaar ’n hoogtepunt op die atletiekkalender, aangesien atlete die geleentheid kry om top Suid-Afrikaanse sportpersoonlikhede te ontmoet en ook ’n kans te staan om ’n atletiekkontrak met Puma los te slaan.

Lees ook: Die Anker maak skoonskip by hengelkompetisie

Kaye Smit het ’n uitstekende 400m gehardloop vir seuns o-19 met ’n tyd van 51.52.

Sarah Kiet het tot op die einde geveg om haar wedloop in die 800m vir meisies o-19 te wen en het ’n tyd van 2:20.00 aangeteken. Dit het aan haar ’n derde plek besorg.

Die Anker se volgende groot byeenkomste is die jaarlikse Intertegnies- en Interhoër byeenkomste wat op 9 Februarie en 11 Februarie onderskeidelik sal plaasvind.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version