Skenk skryfbehoeftes en help ’n kind

Besoekers kan uitsien na ’n dag vol aktiwiteite wat In die Hartjie van die Parkie (Cruise Inn) sal plaasvind.

Die publiek word na ’n Robin Hood Pencil Run uitgenooi wat volgende Saterdag (2 Februarie) aangebied word.

Die geleentheid word deur die Pink Pistols Motorfietsklub aangebied, in ’n poging om skryfbehoeftes vir minderbevoorregte kinders in te samel.

Lees ook: Anker leerders bloei vir ’n vale

’n Kontant donasie of skryfbehoeftes sal as toegangsfooi dien.

Cruise Inn is te Denneweg 73 geleë en vir meer inligting kan Natasha ‘Jinx’ Terblans, president van die Pink Pistols, by 072 783 3677 gekontak word.

Volg ons:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

 

Exit mobile version