Die Anker tel ook elke jaar onder die skole wat landswyd die meeste bloed skenk.
Miné Van Vuuren
Natasha Kotzé het haar deel gedoen en bygedra tot die honderde eenhede bloed wat Woensdag geskenk is.
Wanneer dit by bloedskenk kom is die leerders van Hoërskool Die Anker nie traag om hul kant te bring nie.
Leerders van die skool skenk jaarliks honderde eenhede bloed aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens en het Dinsdagoggend weer gesorg dat die bloed vloei.