35 agterkleinkinders plus ’n tweeling vir dié oumagrootjie

Die 76-jarige wat in Brenthurst woon is die ma van nege kinders (twee is oorlede), die ouma van 24 kleinkinders en natuurlik die 37 agterkleinkinders waarop sy baie trots is.

’n Inwoner van die dorp, Magriet Claassen, het onlangs ’n oumagrootjie van ’n tweeling, Dylhan en Divhan Myburgh, geword en met dié toevoeging spog sy nou met ’n allemintige 37 agterkleinkinders.

Volgens haar kleinseun, Johan Myburgh (die pa van die tweeling), is Magriet ’n vrou van formaat.

“Sy is baie lief vir haar kinders, kleinkinders en agterkleinkinders.

“Daar is nie ’n berg wat te hoog is of ’n see wat te diep is vir haar nie. Sy sal alles in haar vermoë doen vir haar familie,” het Johan gesê.

Lees ook: Onderwyser wat kankerstryd verloor word vandag begrawe

Die bejaarde spandeer graag tyd saam met haar kinders en woon elke sportgeleentheid by waar sy kan.

Na talle geboortes is sy nog steeds opgewonde oor elke nuwe klein- en agterkleinkind wat by die familie bygevoeg word.

Vyf jaar gelede het sy ook die voorreg gehad om te sien hoe vier van haar agterkleinkinders in dieselfde jaar hul skoolloopbaan begin het.

• Die Herald sal graag wil hoor van inwoners wat meer klein- en agterkleinkinders as Magriet het.

Stuur ’n e-pos met inligting na brakpanherald@caxton.co.za

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version