CrimeNews

KYK: SAPD arresteer twee in Plastic City, lê beslag op vyf voertuie

Twee persone is gearresteer en daar is beslag gelê op vyf voertuie.

Lede van die Brakpan SAPD, die EMPD en ’n sekuriteitsmaatskappy het vroegoggend ‘n misdaadvoorkomingsaksie in Plastic City uitgevoer.

Twee persone is gearresteer en daar is beslag gelê op vyf voertuie.

Dié voertuie was onpadwaardig en ongelisensieer.

Een van die voertuie waarop beslag gelê is, is glo gebruik om kinders na skole te vervoer.

‘n Man is gearresteer op aanklagte van poging tot moord, aanranding op ‘n polisieman en verset teen arrestasie terwyl nog ‘n persoon gearresteer is vir die besit van ‘n gesteelde voertuig.

Lees ook: Opvolg: Motorfietse in plakkerskamp, ondersoek duur voort (VIDEO)

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter 

Related Articles

Back to top button