Local newsNews

Patrollies en burgerlike waaksaamheid vorm hoekstene in gemeenskapsveiligheid

Die patrollie is in samewerking met plaaslike patrolleerders vanuit die plaaslike GPF strukture aangepak.

Die AfriForum Brakpan-tak was Vrydagaand een van die rolspelers wat aan ’n intensiewe patrollie in Bakerton deelgeneem het.

“Na ’n versoek aan Projek Nehemia Oos-Rand, vanuit Bakerton GPF geledere, het verskeie spanne vanuit AfriForum se Brakpan-, Kempton Park- en Springs-takke se Gemeenskapsveiligheideenheid (GVE) gemeenskappe, Vrydagaand saamgespan om ’n intensiewe patrollie deur die strate van Bakerton te lei.

“Die patrollie is in samewerking met plaaslike patrolleerders vanuit die plaaslike GPF strukture aangepak,” het Gerhard Cilliers, skakelbeampte vir Nehemia Oos-Rand, verduidelik.

Lees ook: AfriForum lede ingelig oor ongelukstoneel bestuur

“Die oefening het weer eens getoon hoe belangrik en waardevol samewerking tussen verskillende en uiteenlopende gemeenskappe werklik kan wees.

“Misdaad is die een aspek van ons onderskeie gemeenskappe wat almal seker in gemeen het. Die besef dat toename in misdaad makliker die hoof gebied kan word terwyl dit eskaleer (deur veral voorkomende sigbare polisiëring), is makliker as om dit te probeer fnuik nadat dit totaal hand uitgeruk het,” het Cilliers gesê.

“Dit is ook belangrik om op verskeie vlakke kennis en ervarings te deel. Almal kan uit mekaar se ondervindings leer,” het hy bygevoeg.

AfriForum Brakpan-takbestuur kan by brakpan.afriforum@gmail.com gekontak word rakende aansluiting en deelname.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter 

Related Articles

Back to top button