Editor's choiceLocal newsNews

Pa van jong kinders sterf in motorfietsongeluk

’n Groot groep vriende en familie het verlede Woensdag afskeid geneem van ’n jong pa van die dorp wat ’n dag na Kersfees in ’n motorfietsongeluk oorlede is.

Raymond van Rooyen (34) is op 26 Desember ongeveer 10.50nm opslag dood toe hy in Prince Georgelaan vermoedelik beheer oor sy motorfiets verloor het.

Van Rooyen het in Brenthurst, net ’n hanetree vanwaar die ongeluk plaasgevind het, gewoon.

Hy het twee jong kinders, Teegan (10) en Tarquin (5).

Volgens ’n hegte vriendin van Van Rooyen, Angelique Ridout, was hy ’n besondere mens wat altyd ander mense eerste gestel het.

“Niemand het ooit geweet wanneer iets vir Raymond gepla het nie want ander se geluk was vir hom belangriker.

Lees ook: Six killed on the roads in Brakpan over festive season

“Iets wat almal van hom sal onthou was sy aansteeklike lag. Hy het altyd uit sy maag gelag,” het Ridout gesê.

Volgens haar was hy ook baie lief vir sy kinders en pa-wees was vir hom baie belangrik.

Van Rooyen het in Brakpan grootgeword en het aan die Laerskool Dalview en Hoërskool Stoffberg skool gegaan.

Sy begrafnis is verlede Woensdag by die Bikers Kerk in Gardinerlaan gehou.

Hy laat ook sy ma, Juanita van Rooyen (55) na.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Back to top button