VIDEO: Honderde graad eens meld aan vir skool

Graad een leerders het met blink skoene en volgepakte tasse by die verskillende laerskole van die dorp opgedaag om hul skoolloopbaan te begin.

Dit was Woensdag terug hok toe vir duisende skoliere van die dorp en vir baie was dit die begin van hul skoolloopbaan.

Shinique Wilson het spoggerig vir haar eerste skooldag aan die Laerskool Dalview gelyk.
Alexia de Jager het haar eerste skooldag aan die Laerskool Dalview geniet.
Zanté Mowbray (links) en Shinica van Eeden is by die Laerskool Dalview ingeskryf.
Die twee nuwe Dalwers is Vené Dames (links) en Ashley Norman.
Karlien Ferreira is ’n nuwe klein Arend.
André Heath, wat by Laerskool Die Arend ingeskryf is, kry ’n soentjie van sy ma, Yeonitta.
Shanri Botes (links) en Nikesha du Bruyn het hul eerste skooldag by Laerskool Die Arend begin.
Sonnies se graad een leerders, Klarika Gerber (links), Amoré Bester, Vaughn Dietrechsen en Zander de Villiers het reeds op hul eerste dag in graad een aan die werk gespring.
Sonneveld Akademie se graad eentjies was op hul pos. Op die foto is Marcel Kok (links), Mieke Steenkamp en Declan Viviers.
Die twee haasbekkies van Laerskool die Arend is Anica Addinall en Ethan du Toit.
Jayden Ackermann, wat nou ’n trotse Morrie is, groet sy ma, Charmaine Byleveld.
Mpho Maleka is nou ’n trotse klein Arend.

Lees ook: Graad eentjies op hul pos by die Laerskool Môrewag

Volg ons:

Instagram

Twitter

Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Exit mobile version