Die Brakpan SAPD is steeds besig om inligting op te volg nadat vyf motorfietse en ‘n kragopwekker gisteraand (Maandagaand) in die Plastic City plakkerskamp ontdek is.
‘n Lid van die SAPD, wat by die ondersoek betrokke is, het gesê dat inligting tans opgevolg word.
Lees ook: Gesteelde motorfiets onder sinkplate in veld gevind
Ten minste ses motorfietse is die afgelope paar weke in die dorp gesteel.
In byna al die gevalle was die motorfietse in motorhuise toegesluit en is dit in die vroeë oggendure gesteel.
Die meerderheid van die voorvalle het in Anzac voorgekom.
Die motorfietse en kragopwekker is na die Brakpan polisiestasie geneem.
Lees ook: Vyf motorfietse in plakkerskamp gevind
Volg ons:
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter