Editor's noteNewsSchools

VIDEO: Stoffies se Nadine spog met agt onderskeidings

Die gewag was vanoggend uiteindelik verby vir matrikulante van die dorp, wat verlede jaar hul eindeksamen afgelê het.

Die minister van basiese onderwys, Angie Motsheka het die uitslae Donderdagaand bekend gemaak, waarna matrieks toegang tot hul uitslae kon verkry.

Die Hoërskool Stoffberg se top presteerder is Nadine Stieler wat ’n allemintige agt onderskeidings behaal het.

Stoffbergers het Vrydag hul matriekuitslae by die skool ontvang. Op die foto (van links) is: Berlise Meyer, Natasha Dossantos, Alison North en Desiré von Standen.

Dié mooi slimkop het onderskeidings behaal in Afrikaans, Engels, wiskunde, lewenswetenskappe, fisiese wetenskappe, drama, rekeningkunde en lewensoriëntering.

Nadine het Vrydagoggend aan die Herald gesê dat sy baie ingenome met haar agt onderskeidings is.

Lees ook: Stoffbergers ontvang matriekuitslae

“Ek is gelukkig iemand wat dit maklik vind om te leer en om my tyd reg te spandeer.

“Ek het wel hard gewerk maar ek het gesorg dat ek die tyd tot my beskikking reg gebruik sodat ek nie op een slag te veel moes doen nie.

Jacques Vorster het vier onderskeidings behaal.

“Ek verkies dit om besig te bly en dit het my ook gehelp om my doelwit te bereik,” het Nadine verduidelik.

Haar raad aan die matrieks wat vanjaar die belangrikste jaar van hul skoolloopbaan aanpak was om die beste daarvan te maak.

“Dit is belangrik om na jou drome te reik en hard te werk om daarby uit te kom. Op die ou einde sal alles moontlik en die moeite werd wees,” het Nadine gesê.

Sy gaan veeartsenykunde aan die Universiteit van Pretoria studeer en sien baie uit na die nuwe hoofstuk in haar lewe.

“Vandat ek kan onthou wou ek ’n veearts word. Ek het nog nooit eens aan ’n ander beroep gedink nie.

“Ek is baie lief vir diere en dit maak net vir my sin dat dit die regte beroep is om te volg,” het sy gesê.

Suné van Aardt was nog ’n leerder wat Vrydag breed geglimlag het oor die vyf onderskeidings wat sy losgeskryf het.

Suné van Aardt het vyf onderskeidings behaal.

Sy het onderskeidings behaal in wiskunde geletterdheid, lewensoriëntering, dramatiese kunste, toerisme en visuele kunste.

Jacques Vorster het vier onderskeidings in inligtingstegnologie, Engels, lewensoriëntering en rekeningkunde behaal.

Casey Joubert het drie onderskeidings losgeskryf en vyf leerders van die Hoërskool Stoffberg het elk twee onderskeidings behaal.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Back to top button