Editor's choiceLocal newsNews

Opskud met jou foto vir ons voorblad

Lesers van die Herald het nog net tot Vrydag (14 Desember) om foto’s vir die laaste uitgawe van die Herald in te stuur.

Die laaste uitgawe van die Herald verskyn op 21 Desember en, soos in die verlede, vra ons weer vir die publiek om vir ons ‘n gepaste voorbladfoto te neem.

Indien jou foto vanjaar gekies word sal jy ook ‘n R200 koopbewys van VC Spar in Dalview ontvang.

Daar is ‘n paar dinge wat jy in ag moet neem voordat jy ‘n foto stuur.

Foto’s sal slegs oorweeg word indien dit ‘n Kersfeestema het en daar moet ten minste een persoon in die foto wees.

Foto’s moet gedurende November of Desember 2018 geneem word, dus sal verlede jaar se Kersfees foto’s nie werk nie.

Dit is belangrik dat die foto in j-peg formaat is en nie digitaal gemanipuleerd is nie.

Foto’s moet ook ten minste 1 MB wees en slegs inwoners van die dorp kan deelneem.

Lees ook: Neem ‘n voorblad foto vir ons laaste uitgawe

Wanneer jy ‘n foto instuur moet die volgende inligting verstrek word (daarsonder sal die foto nie in ag geneem word nie):

* Name, vanne en ouderdomme van al die persone in die foto.

* ‘n Kort beskrywing van die foto (waar en wanneer dit geneem is).

* Naam, van en kontaknommer van die fotograaf.

Daar is twee maniere om jou foto by ons te kry.

Dit kan per e-pos gestuur word na brakpanherald@caxton.co.za of jy kan die foto by ons kantoor, te Van Der Waltweg 61, Dalview inhandig.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is Vrydag, 14 Desember, om 9vm.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Back to top button