Die Just Wheels Motorklub hou vanaand (Vrydag) ‘n Kersmark by die klubhuis, wat te Kitzingerlaan 69 geleë is.
Daar sal eet- en drinkgoed te koop wees. Moeite is deur die klublede gedoen om ‘n Kersatmosfeer te skep en die aand beloof om ‘n heerlike uitstappie vir die hele gesin te wees.
Volgende Vrydagaand (7 Desember) word ‘n Kersliedere by kerslig (Carols by candlelight) saam met ds Riaan van Staden om 6nm by die klubhuis aangebied.
Lees ook: What is happening in Brakpan this month
Die publiek word genooi om ‘n rustige aand te gaan geniet.
Daar sal geen stalletjies wees nie en besoekers word versoek om piekniekmandjies en komberse saam te neem.
Vir meer besonderhede kan Hannetjie van der Mescht by 082 263 7567 geskakel word.
Volg ons:
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter