Alisandro Cloete het die volgende prestasies behaal: Beste krieketspeler van die jaar, beste senior seun atleet, beste senior seun langafstandatleet, beste landloopatleet en die beste tweekampatleet van die jaar.
Janka Ströh het die dogters junior kultuurtrofeë ontvang. Sy is ook as die beste redevoerder en kultuurster van die jaar aangewys. Janka het ook die beste akademiese prestasie in haar graad behaal.
Zander Fourie het die top toekenning, naamlik Môrewagter van die Jaar, asook ’n hele rits ander toekenings ontvang. Hy het ’n trofeë vir sewe jaar deelname aan die koor ontvang. Hy het ook die hoogste punte in Engels en ekonomiese bestuurswetenskappe (EBW) behaal. Zander het ook ’n toekenning vir beste senior seun in ‘public speaking’ ontvang en het ook die senior seuns kultuurtrofeë ontvang. Hy is ook as die kultuurster van die jaar gekies.
Kelly Frazer is as die netbalspeler, hokkiespeler (sy deel dit met Shinique Steyn) en beste senior atleet van die jaar aangewys. Sy is ook as die beste naeloop dogter atleet en -veldatleet gekies. Sy het ook die sportster trofeë van die jaar ontvang.
Lees ook: Morries se Kelly ontvang eerbiedige toekenning
Volg ons:
Instagram
Twitter
Facebook
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser , Boksburg Advertiser , Benoni City Times , African Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it
here .