Local newsNews

Bly só veilig op jou matriekvakansie

Ongelukkig kan hierdie vrolike tydperk maklik ontaard in ’n nagmerrie weens roekeloosheid, padongelukke, dronkenskap en misdaad.

Vir die matrieks van 2018 is die eksamen nou iets van die verlede en baie van hulle is reeds met ’n welverdiende vakansie of beplan aan daardie lekker wegbreek saam met die pelle.

Hier volg ’n paar wenke wat matrieks wat ’n kuier beplan ingedagte te kan hou.

VOORBEREIDING:

• Kontaknommers is uiters noodsaaklik. Jou ouers moet die kontaknommers hê van die vriende wat saam met jou gaan, asook die nommers van jou vriende se ouers.

• Maak gereeld kontak met jou ouers sodat hulle presies weet wat aangaan.

• Jou ouers moet presies weet waar jy gaan bly en ook die kontakbesonderhede van die plek hê.

• Sorg dat jy noodnommers by jou het.

• Pak jou tas wys. Moet nie noodsaaklike dinge soos sonskerm, medikasie, ’n basiese noodhulptassie ensovoorts vergeet nie.

WANNEER JY OP DIE PAD IS:

• Maak altyd jou sitplekgordel vas en dring aan dat die ander persone in die voertuig dit ook doen.

• Sluit die motor se deure as jy ry.

• Moenie waardevolle items oop en bloot laat lê nie.

• Moet nie drink en bestuur nie en moet nie jou foon gebruik terwyl jy bestuur nie.

• Maak seker dat die voertuig padwaardig is en jou nie in die steek gaan laat langs die pad nie.

• Hou by die spoedgrens. Jy sal wel by jou eindbestemming uitkom.

• Moet nie bestuur as jy moeg of vaak is nie. Hou op ’n veilige plek stil en rek jou bene of kry iets om te eet of drink.

• Moenie dat jou aandag afgelei word deur lawwe passasiers of harde musiek nie. Konsentreer op die pad indien jy bestuur.

• Onthou jou wettige bestuurderslisensie. Jy sal in die sop beland daarsonder.

Lees ook: Dorp se matrieks laat die koppe draai

BY ’N PARTYJIE OF VAKANSIE-OORD:

• Sorg dat jy altyd jou eie drankies koop en maak seker dat dat die botteltjie geseël is voordat jy daaruit drink. As ’n drankie vir jou geskink word, hou die proses dop. Sorg dat jy te alle tye jou drankie kan sien.

• Moet nie dwelmmiddels gebruik nie.

• Beheer jou alkohol inname.

• Wanneer jy ongemaklik voel, maak jouself uit die voete. Kom op ’n veilige plek.

• Moet nie alleen uitgaan nie en bly in jou vriende groep.

• Bly in goed beligte omgewings.

WANNEER JY ’N OTM GEBRUIK

• Probeer om nie groot bedrae kontant aan jou te dra nie.

• Wees altyd waaksaam by ’n OTM en indien moontlik vra ’n vriend of vriendin om jou te vergesel.

• Moet nooit jou persoonlike pin vir iemand gee nie.

• Moet nooit hulp van ’n vreemdeling vra of aanvaar nie.

• Indien die masjien jou kaart terug hou (“sluk”) is dit noodsaaklik om jou bank so gou moontlik te verwittig.

• Onthou, sekuriteitswagte is daar om veiligheid te bied en nie om transaksies uit te voer nie.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter 

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button