Kerssangdiens ten bate van kinderhuis

Die sangdiens word by die NG Kerk Dalview aangebied en sal om 6nm begin.

Die wêreldbekende opera sanger Andiswa Makana kom gedurende Desember in Suid-Afrika kuier en sal ook by ’n Kerssangdiens wat op 2 Desember in die dorp gehou word, optree.

Die sopraan sal saam met Brakpan inwoner, die bariton Andries Aldrich, en ander talentvolle sangers optree om van die aand ’n onvergeetlike een van sang, dans, toneelspel en skriflesing te maak.

“Ons is baie opgewonde oor die besoek van Makana en veral oor die feit dat sy ingestem het om deel te wees van die Kerssangdiens,” het Aldrich gesê.

Lees ook: Sonneveld Akademie kuier lekker by die Kersmark

Hy het bygevoeg dat sy ingewillig het om die sangdiens tot voordeel van die East Rand Children’s Haven te ondersteun.

“Ons gaan nie ’n toegangsfooi vra nie. Enigiemand is welkom om dit by te woon maar enige kontant donasies, wat aan die kinderhuis oorhandig sal word, sal welkom wees,” het Aldrich gesê.

“Ons beloof ’n fantastiese program en die publiek kan die geleentheid kry om een van die beste soprane ter wêreld in lewende lywe te ervaar,” het Aldrich bygevoeg.

Volg ons: 

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version