CrimeNews

Vermeende kaper vasgetrek

Kapt Pearl van Staad, woordvoerder van die Brakpan SAPD het gesê dat inligting opgevolg is, nadat ʼn silwer Kia Sorento gister geroof is.

‘n 32-jarige man wat glo gister ʼn voertuig in Olifantsfontein gekaap het, is vanmiddag net voor 2nm in die dorp vasgetrek en in hegtenis geneem.

Die inligting het daartoe gelei dat die man deur lede van die EMPD asook die taktiese taakspan van die SAPD (Ekurhuleni-Kluster) vasgetrek kon word.

Hy is in die gekaapte voertuig op die hoek van Voortrekkerweg en Prince Georgelaan aangekeer.

Lees ook: Weekend crime round-up

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter 

 

Related Articles

Back to top button