Local newsNews

Drie jong kinders brand dood in Brakpan plakkerskamp

Daar word vermoed dat sy die kinders in die plakkershut gelaat het met ‘n kers wat gebrand het.

‘n Tragedie het homself gisteraand afgespeel toe drie jong kinders in die Plastic City Plakkerskamp dood gebrand het.

Volgens inligting is die SAPD net na 10nm na die plakkerskamp ontbied, nadat ‘n klagte van ‘n bakleiery ontvang is.

Met hul aankoms was daar ‘n plakkershut, wat aan die brand was.

Nadat die brand geblus is, is die liggame van die kinders (3, 6 en 7 jaar) in die plakkershut gevind.

Volgens inligting kon die ma van die kinders nie dadelik opgespoor word nie, aangesien ander inwoners van die plakkerskamp glo gedreig het om haar dood te maak.

Daar word vermoed dat sy die kinders in die plakkershut gelaat het met ‘n kers wat gebrand het.

Die ma is later deur die SAPD in hegtenis geneem en word aangehou totdat sy in die hof verskyn.

Drie sake van manslag word ondersoek.

 

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter 

 

 

Related Articles

Back to top button