Editor's choiceLocal newsNews

Apteker vier 40 jaar in die dorp

Benn’s Apteek het sy ontstaan in 1939 gehad toe die gebou op die hoek van Curry- en Voortrekkerstraat geleë was.

Daar het Vrydagoggend groot opgewondenheid by Benn’s Apteek geheers toe personeel erkenning gegee het aan die eienaar Steve Rademeyer (72) vir die afgelope 40 jaar wat hy in die apteekbedryf gevier het.

Rademeyer het geen bekendstelling in die dorp nodig nie en derduisende inwoners asook besoekers het die afgelope 40 jaar met die bekwame en vriendelik apteker te doen gekry.

Die interessante koek het sy 40 jaar in die bedryf uitgebeeld.

Die huidige gebou, net ’n klein entjie van die oorspronklike apteek, is 20 jaar gelede in gebruik geneem.

Rademeyer onthou dat hy destyds met 11 personeellede saamgewerk het. Vandag is daar 29 mense in diens van die apteek.

Hy vertel dat ’n hoogtepunt in sy 40 jaar in aptekerswese beslis die skuif na die groter perseel was.

Die personeel van Benn’s Apteek was Vrydagoggend almal teenwoordig om Steve Rademeyer geluk te wens.

“Dan is daar natuurlik ook die opening van ons kliniek, 19 jaar gelede,” het hy bygevoeg.

Rademeyer, wat steeds by die apteek betrokke is, verdeel sy tyd dat hy sodoende halfdag by die wondkliniek werksaam is.

Gevra oor hoe hy dit reggekry het om vir 40 jaar ’n suksesvolle besigheid aan die gang te hou, was sy antwoord soos volg:

“Gebede, geduld, en deur om te sien na ons kliënte, deur topklas diens te lewer. Ek koester my kliënte met opregte deernis.”

Wanneer Rademeyer nie werk nie geniet hy dit om veteraan Mercedes motors te restoureer.

Sy groentetuin op sy kleinhoewe, waaraan hy baie aandag gee, is ook sy trots.

Hy het Vrydagoggend, tydens ’n geselligheid ter viering van die mylpaal, sy personeel bedank vir hul lojaliteit en gesê dat dit ’n voorreg is om saam met die groep mense te werk.

Volg ons:

Instagram

Twitter

Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Back to top button