Editor's choiceLocal newsNews

Dorp se skole is nou groener

Die bome, vier keer soveel as verlede jaar, is aan skole en ’n kerk oorhandig om geplant te word.

Die AfriForum Brakpan-tak het vanjaar weer by AfriForum se Nasionale Boomplantmaand ingeskakel en die tak het gedurende September 50 bome geskenk om in die dorp geplant te word.

Leerders van die Laerskool Môrewag het verlede week 20 van die inheemse bome op die skool se gronde geplant.

Die hoof van die skool, Elna Venter, het verlede Donderdag saam met AfriForum Brakpan-takbestuurslede die leerders ingelig oor die waarde van bome en die belangrike rol wat dit in die ekosisteem speel.

Die AfriForum Brakpan-tak het vanjaar weer by AfriForum se Nasionale Boomplantmaand ingeskakel en die tak het gedurende September 50 bome geskenk om in die dorp geplant te word.

Sondagoggend het lede van AfriForum Brakpan-tak die erediens van die Ou Apostoliese Kerk, Minnebron Gemeente, bygewoon en na afloop van die diens bome op die kerkterrein geplant.

’n Skenking van 10 bome is ook aan Curro Helderwyk beskikbaar gestel en sal eersdaags geplant word.

Lees ook: Steun AfriForum se teenboelieveldtog

“Daar is weinig min dinge in hierdie lewe wat ons mense so naby aan mekaar kan laat kom as die natuur, die buitelewe en ’n tuin,” het Gerhard Cilliers, takvoorsitter, gesê.

“Elke boom het ’n storie. Elke mens verdien ’n boom, of twee, of drie,” het hy bygevoeg.

Lede van AfriForum Brakpan het, met die hulp van gemeentelede van die Ou Apostoliese Kerk, Minnebron Gemeente, Sondagoggend bome op die kerkterrein geplant.

AfriForum stuur bykans maandeliks nasionale projekte van stapel, en September het sinoniem met Boomplantmaand geraak.

“Die AfriForum Brakpan-tak se fisier is nou stip op 2019 gefokus, wanneer die dorp sy 100ste bestaansjaar sal vier,” het Cilliers gesê.

Volgens hom is planne reeds onderweg om ’n terrein te identifiseer waar ’n Eeufeeswoud van 100 inheemse bome vir die gemeenskap aangeplant sal word, met ’n moontlikheid dat dit ook as gedenktuin vir veraste oorskot kan dien.

“As draers van hoop fokus die AfriForum Brakpan-tak op hierdie inisiatief as teenvoeter vir die toenemende mate waarin die plaaslike stadsraad versuim om doeltreffend aandag te skenk aan die toenemende verval van ondermeer die Brakpan begraafplaas,” het Cilliers gesê.

Drummond Doig, tak ondervoorsitter, het bygevoeg dat die AfriForum Brakpan-takbebestuur, forumhoofde en taklede, wat aan die nasionale projek deelgeneem het, onbeskaamd draers van hoop bly en dat die bome wat hierdie jaar geplant is, in oorlewering aan die volgende geslagte oorgedra sal word.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter 

Related Articles

Back to top button