NewsSchools

Geen keer aan slim en sportiewe Dalwers

Laerskool Dalview se leerders is van top gehalte.

Leerders van die Laerskool Dalview het die afgelope tyd op die sportveld en ook by kompetisies van die onderwysdepartement uitgeblink.

Carli Jacobs het aan die distrik se Spellathon-kompetisie deelgeneem en gevorder om provinsiaal ’n eerste plek te behaal. Louis Fourie het ’n eerste plek in die Mental Maths Challenge (cluster kompetisie) behaal. Die leerders is bygestaan deur Elmarie Hurter (links) en Lilene Grobbelaar.
Tonya Muller het eerste in die distrikskompetisie (D5-distrik) vir ‘n graad sewe natuurwetenskap olimpiade gekom wat onlangs afgehandel is. Haar onderwyser is Linda Terreblanche en die departementshoof is Francois Benade.
Aldo van Emmenes (links) het op provinsiale vlak ’n vierde plek in die Mental Maths kompetisie behaal, terwyl Chad Pienaar tweede in die distrik was. Hulle is bygestaan deur Mariaan van der Linde (links) en Martha Williams.

Lees ook: Laerskool Dalview se leerlingraad wys hul gee om

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter 

Related Articles

Back to top button