Jong Voortrekkers besoek die DBV

Die Bytjie span van die Saamstaan Voortrekker Kommando het onlangs besoek aan die Brakpan Dierebeskermingsvereniging gebring.

Die groep jong Voortrekkers is tans besig om hulle diere kennis les deur te werk en die besoek aan die DBV het vir meer insae gesorg.

Dylan Maas (4) het die besoek aan die DBV terdeë geniet.

Shaun  Raetzer, administratiewe beampte en ontvangspersoon van die Brakpan DBV, het die groep kinders, wat tussen die ouderdom van drie tot vyf jaar is, touwys gemaak en mooi verduidelik hoe dinge by die DBV werk.

Lees ook: Bergfiets ryers ondersteun DBV

Die kinders is ingelig oor die versorging van die diere en watter rol die DBV in die gemeenskap speel.

Die Voortrekker maats het ook ‘n donasie van dierekos saamgeneem en ‘n hoogtepunt was toe hulle die kleiner honde  kon kos gee en so bietjie vashou.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter 

 

Exit mobile version