Editor's choiceNewsSchools

Geen tekort aan talent by Die Anker nie

Vanjaar was daar 49 inskrywings en daar is gedans, gesing, monoloë-, klavierspel- en kitaar duette gelewer en die dromme is geslaan.

Talentvolle en hoopvolle leerders van Hoërskool Die Anker het onlangs die geleentheid gekry om hul talente ten toon te stel tydens die skool se jaarlikse “Ankers got talent”-kompetisie.

JC Radford, die skool se eie “Trevor Noah” en sy “beatbox”- vertoning was iets om te aanskou.

Twee van die deelnemers aan die kompetisie, Jezelle Kritzinger en Heidrich Lotter, wat ’n Bollywooddans gedoen het.

Selfs “Snotkop”, in die gedaante van Henrico Venter, het almal vermaak.

Die fraaie Shanike du Plooy, gaskunstenaar en ’n graad een leerder aan die Laerskool Christaan Beyers, het die gehoor in die palm van haar hand gehad met haar voordrag items.

Divan du Plooy het ’n monoloog, genaamd Kanoresies, voorgedra.

Hierdie skreeusnaakse item het hom ’n eerste plek besorg.

In die tweede plek was Henrico Venter met sy sangitem Sous en Daniel van Wyk was derde met sy dromuitvoering.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit: Springs AdvertiserAfrican Reporter Boksburg AdvertiserBenoni City Times and Kathorus Mail

Related Articles

Back to top button