Editor's noteLocal newsNews

Verwydering van hiasinte moet ’n prioriteit wees

Die opgradering en nuwe fasiliteite by die dam sal nie van veel nut wees as die hiasinte nie verwyder word nie.

Arnold Bruwer skryf per e-pos:

Met verwysing na die berig op die voorblad van die Herald van 17 Augustus (Upgrade offers hope for park).

’n Mens moet darem ’n goeie humorsin hê om daardie berig te lees en in te neem.

Dit is inderdaad indrukwekkend dat daar groot planne vir Jan Smuts Park in die pyplyn is, maar sien die metro dan nie die groter prentjie nie?

Wat gaan al die opgradering en nuwe fasiliteite help wanneer daar nie ’n dam is nie?

Teen die tempo wat die hiasinte uit die dam verwyder word, gaan daar ook nooit weer ’n dam wees nie.

Dit is net ’n kwessie van tyd voordat die hiasinte, na die winter, weer gaan begin groei dat dit bars en dan word die probleem steeds groter.

’n Mens sou dink dat die metro se prioriteit by die verwydering van die hiasinte moet wees en nie by ’n projek wat die belastingbetaler meer geld gaan kos nie.

Ek is ten gunste van die opgradering van die park en die daarstelling van beter fasiliteite, maar nie onder die huidige omstandighede nie.

Soos raadslid Pretorius tereg gesê het: “Die park sal nie van veel nut wees indien die dam nie skoon en veilig is nie.”

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button