Tyd raak min om jou snaakse foto in te skryf

Volgende Vrydag is die laaste dag vir inskrywings vir die Herald se snaakse foto kompetisie.

Het jy ‘n skreeusnaakse foto, wat iemand anders sal laat skater van die lag?

Daardie foto kan vir jou kruideniersware ter waarde van R1000 in die sak bring.

Ons is op soek na ‘n foto wat almal lekker sal laat lag.

So gaan delf tussen jou ou foto’s rond of bekyk al die foto’s op jou selfoon en stuur vir ons ‘n foto.

Die persoon wat vir ons die foto instuur wat ons die breedste laat glimlag sal die prys, wat deur Sherwood Pick ‘n Pay geborg word, wen.

Onthou hoe snaakser jou foto, hoe beter is jou kans om te wen!

 

En as jy nie ‘n snaakse foto het nie kan jy kreatief raak en een neem.

Hou die volgende ingedagte

• Foto’s met die nodige inligting kan ook by ons kantoor te Van der Waltstraat 61, Dalview ingehandig word.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version