NewsSchools

Hoërskool Die Anker se manne skrik nie vir die kombuis

Die vrouepersoneel van Hoërskool Die Anker is onlangs lekker bederf toe die mans personeel vir hulle ’n smaaklike ontbyt voorberei en bedien het.

Met die oog op Vrouedag, wat verlede Donderdag gevier is, het die mans personeel verlede Woensdag reeds om 5vm by die skool aangemeld om te begin met die voorbereiding van die ontbyt.

Werner Badenhorst (links) en die hoof van die skool, Johan Snyman, by een van die geregte wat voorgesit is.

Groot was die verrassing toe die vroue by die skool arriveer en in opdrag van die hoof, Johan Snyman, na die restaurant van die hotelskool moes gaan.

Lees ook: Dié twee Ankers kan vir jou ’n koek bak

Daar is hulle bederf met ’n keurig voorbereide en heerlike ontbyt by mooi gedekte tafels.

Nico Smit was heel handig in die kombuis.

“Ons het voorwaar spesiaal gevoel en het die gebaar baie waardeer,” het Elmarie Warnick namens die vrouepersoneel van die skool gesê.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Related Articles

Back to top button