Drie maats se goeie daad vat die koek

'n Borg het dit vir die drie meisies moontlik gemaak om 'n verskil op Mandela Dag te maak.

Drie maats, van drie verskillende skole van die dorp, wat ’n passie vir dans asook harte van goud het, het onlangs aan die #MandelaDay Challenge deur Cupcakes 4 Kids with Cancer meegedoen.

Die uitdaging was om 100 cupcakes te verkoop maar dié drie lewenslustige meisies het daarin geslaag om 380 cupcakes te verkoop en het sodoende R3 800 vir die organisasie ingesamel.

Abigail is ’n Graad Vier leerder aan die Laerskool Brakpan-Oos, Johanné is ’n Graad Vyf leerder aan die Laerskool Môrewag en Aimeé is ’n Graad Vyf leerder aan die Laerskool Dalview.

Al drie neem klas by die Visions Dance Academy in Brakpan en het mekaar sowat vyf jaar gelede daar ontmoet, waarna hule goeie vriende geraak het.

Lees ook: Pack a meal for a child in need on Mandela Day

Die drie het saam besluit om Cupcakes 4 Kids with Cancer te ondersteun, juis omdat hulle ander kinders wou helpwat nie so bevoorreg is soos hulle om te kan dans en ’n aktiewe lewe te lei nie, as gevolg van hulle omstandighede en daaglikse stryd teen kanker.

Die kolwyntjies is voorsien deur ’n borg wat anoniem wil bly.

Die borg het ook vir die meisies die geleentheid gegee om self te help met die versiering van die cupcakes.

“Dit het ons laat besef dat dit nie net lekker is om te deel nie, maar ook om deel te wees van die hele proses,” het Abigail namens al drie die flukse jonge juffies gesê.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Exit mobile version