In die Kollig: Leer vir Corneel Van Dyk ken

Corneel (35) is die sportorganiseerder van Hoërskool Die Anker.

Corneel is getroud met Rachel (32) en die egpaar, wat in Roodepoort woon, het twee kinders, Corlie (4) en Hanru (1).

Hoe lank beklee jy al die pos van sportorganiseerder by Hoërskool Die Anker?

Ek is twee en ’n halfjaar gelede in die pos aangestel.

Wat behels jou werk?

Ek bestuur alle sportsoorte wat by die skool beoefen word en behartig ook die bemarking.

Gee jy klas ook of het jy net te doen met sport by die skool?

Ek gee tans geen klas maar my hoof plig lê by die bestuur en organiseer van alle sport asook bemarking.

Wat is jou gunsteling sportsoort en waarom?

Dit sal beslis rugby wees, omdat ek self hierdie sport vir jare beoefen het.

Wie is jou gunsteling sportman/vrou en waarom?

Os du Randt. Hy is een van die beste stutte wat al vir die Springbokke gespeel het.

• Wie is gunsteling rugbyspan?

Ek is ’n ondersteuner van die Goue Leeus.

Het jy die Sokker Wêreldbeker-toernooi gevolg en watter span het jy ondersteun?

Ja, ek het die sokker gevolg. Ek sou graag wou sien dat België die toernooi moes wen.

Beoefen jy self ’n sportsoort?

Ek speel graag gholf.

Waarom is dit belangrik dat leerders aan sport deelneem?

Sport is goed vir elke kind se ontwikkeling ten opsigte van hulle totale menswees. Ons streef daarna om gebalanseerde leerders die wêreld in te stuur. ’n Gesonde liggaam huisves ’n gesonde gees.

• Hoe voel jy oor ouer druk op leerders, om op die sportveld te presteer?

Ek ondersteun nie negatiewe druk teenoor spelers/atlete nie. Elke kind moet aan soveel sportsoorte deelneem soos waarvoor hul lief is en dit terselfdertyd geniet. Ouer betrokkenheid is baie belangrik maar dit moet altyd ’n positiewe impak op die kind hê.

Wat doen jy graag in jou vrye tyd?

Ek spandeer graag tyd saam my familie.

• Na watter tipe musiek luister jy?

Ek luister na ’n wye verskeidenheid van musiek, maar veral na Afrikaanse musiek.

Wat maak jou op die plek kwaad?

Oneerlikheid maak my kwaad.

• As jy enige land vir ’n maand kon besoek, waarheen sou jy gaan en waarom?

Italië. Ek wou nog altyd hul geskiedenis, kultuur en besienswaardighede ervaar.

• Beskryf jouself in vyf woorde.

Passievol, hardwerkend, veelsydig, lojaal en ’n familie-man.

Lees ook: Anker onnie rig Gauteng netbalspan af

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Exit mobile version