Bejaardes ontvang warm komberse vir die winter

Net voor die groot koue die dorp getref het, het inwoners van die Frank Mynhardt Sorgsentrum se Alzheimer’s afdeling Maandagoggend elkeen 'n warm wolkombers ontvang.

Talitha Clarsen en Jessica Botha van die Wolhuis in Brakpan het dit goed gedink om komberse aan die bejaardes te skenk net voor die ysige weer gearriveer het.

’n Brei-groep, naamlik die Besige Handjies en Mondjies, asook inwoners van die dorp, het die afgelope tyd fluks komberse gebrei en hekel, om dié skenking moontlik te maak.

Susara Nel (agter, links) en Hettie van der Westhuizen (langs haar) is ablei verpleegsters by die sorgsentrum, waar Ina Trosky die matrone is. Langs Ina staan raadslid Brandon Pretorius, Talitha Clarsen en Jessica Botha saam sommige van die inwoners wat komberse ontvang het.

Die groep gaan egter nie nou agteroor sit met hande gevou nie. Daar word steeds gehekel en gebrei om meer komberse op Mandela Dag (18 Julie) uit te deel.

Jimmy Diring sit lekker snoesig onder sy wolkombers.

DA raadslid, Brandon Pretorius, wat teenwoordig was met die oorhandiging van die komberse, het gesê dat dit verblydend is om te sien dat daar wel nog plaaslike besighede is wat voel dat dit nodig is om terug te gee vir die gemeenskap.

Lees ook: Leerders ontvang kospakkies voor die vakansie

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Exit mobile version