AfriForum se Brakpan-buurtwag hou patrollie en ontvang nuwe toerusting

Die AfriForum-buurtwag in Brakpan het onlangs nuwe veiligheidstoerusting ontvang en ’n patrollie in die dorp gehou.

Dít volg nadat die plaaslike tak ’n behoefte geïdentifiseer het, weens misdaadaktiwiteite in die dorp.

Die toerusting sluit 11 koeëlvastebaadjies, 20 glimbaadjies en 40 voertuigmagnete in.

“Die buurtwag vorm deel van AfriForum se plaaslike takstrukture en het ten doel om die gemeenskap in samewerking met die polisie in tye van nood by te staan.

“Gedurende die patrollie is 720km en 158 manure deur 42 patrolleerders in 35 voertuie afgelê,” het Gerhard Cilliers, voorsitter van AfriForum se Brakpan-tak gesê.

“Veiligheidstoerusting is van onskatbare waarde vir enige veiligheidstruktuur.

“Die Brakpan-buurtwag kan hiermee daadwerklik bydra tot die bekamping van misdaad in die dorp.

Lees ook: Petrolbom na huis in Brenthurst geslinger

“Die buurtwag sal voortaan soortgelyke aksies en patrollies van stapel stuur in samewerking met alle veiligheidstrukture om kriminele aktiwiteite te stuit,” het Ian Beresford, voorsitter van die veiligheidsportefeulje van AfriForum se Brakpan-tak verduidelik.

Cilliers het inwoners aangemoedig om by die plaaslike tak asook die buurtwag betrokke te raak.

“Hoe meer mense betrokke is, hoe groter die verskil wat ons kan maak,” het hy gesê.

Belangstellendes was betrokke wil raak kan die woord “Buurtwag” na 45342 SMS. Die koste van die SMS is R1.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version