Editor's noteLocal newsNews

Digitale skerm ingespan vir bewusmaking oor DBV

’n Groot digitale advertensie skerm op die hoek van Springs- en Farquaharsonweg gaan voortaan ingespan word om inwoners van die dorp asook besoekers meer bewus te maak van die Brakpan DBV.

Die inisiatief kom van besigheidseienaars Tommy en Linda Cato, aan wie die skerm behoort.

Linda en haar man het dit goed gedink om ’n gratis digitale advertensie vir die DBV te borg in ’n poging om bewusmaking te skep.

Sanette Bosman en Ming Church van die DBV was Dinsdagoggend opgewonde oor die inisiatief en het hul dank teenoor die Cato’s uitgespreek.

“Ons wil dit onder die inwoners se aandag bring dat dit ’n stryd is om die deure van die DBV oop te hou,” het Bosman gesê.

Lees ook: Leer vir Sanette Bosman van die Brakpan DBV ken

“Alle donasies word opreg waardeer, maar ongelukkig het ons ’n konstante inkomste nodig om kop bo water te hou.

“Die organisasie moet nes ander besighede water en ligte en ander uitgawes dek. Die werknemers moet ook salarisse ontvang,” het Bosman gesê.

“Ons moedig inwoners aan om teen ’n minimale jaarlikse fooi ’n lid te word,” het sy bygevoeg.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Related Articles

Back to top button