Local newsNews

Oud-stadstesourier oorlede

’n Bekende inwoner en oud-stadstesourier, Willem van den Berg, is verlede Dinsdag op 95-jarige ouderdom dood.

Van den Berg is op 3 Februarie 1923 in Graaff-Reinet gebore. Hy het in die destydse Pietersburg (Polokwane) grootgeword waar sy pa skoolhoof was en het na matriek BCom aan die Universiteit van die Witwatersrand gestudeer.

Hy is in 1949 met Miemie Roux getroud en hulle het een dogter, Elmine gehad. Die egpaar het in 1959 na Brakpan verhuis waar Van der Berg eers adjunk- en daarna vir baie jare stadstesourier was.

Hy was aan sy kollegas bekend as ’n veeleisende hoof wat elke dag net die beste van almal verwag het, soos hyself ook gegee het. Nadat hy afgetree het, het hy op verskeie komitees en in ’n kommissie van ondersoek gedien.

Lees ook: Welbekende inwoner van Brakpan oorlede toe hy van balkon af val

Die lisensiegebou, wat vandag steeds deur die Ekurhuleni metro benut word, is jare terug na Van den Berg vernoem.

Hy was ’n ywerige amateur fotograaf en –skilder asook ’n liefhebber van klassieke musiek. Hy het ook graag gereis en klein plekkies in die land verken.

Van den Berg het tot op 85 aktief rolbal gespeel en sy eie motor bestuur.

Hy word oorleef deur sy dogter, Elmine, kleinseun Dehan en sy vrou Cornie, en agterkleinseun Dean Mudge.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Related Articles

Back to top button