Petrolbom na huis in Brenthurst geslinger

Skade is aan ‘n huis in Pienaarstraat, Brenthurst aangerig toe ‘n petrolbom in die vroeë oggendure na die huis geslinger is.

Volgens die bejaarde eienaar van die huis het hy nie wakker geword toe die bottel met brandstof na die huis geslinger is nie en het hy eers vanoggend die skade gesien.

Hy vermoed dat dit tussen 4vm en 5vm gebeur het.

‘n Skadunet in die oprit het onder andere gebrand.

“Ek het vanoggend ‘n bottel met klippies en brandstof daarin, in die tuin opgetel,” het die man gesê.

Inwoners van Brenthurst en veral van Hofmeyer- en Pienaarstrate is die afgelope tyd erg bekommerd oor die onwettige plakkery op ‘n stuk grond wat aan Lokasieweg grens.

Die Herald het al verskeie kere daaroor berig.

Die oop stuk grond, waarop die plakkery plaasvind grens aan Hofmeyerstraat.

Dit kon nie bevestig word of die voorval verband hou met die plakkery nie.

‘n Saak is by die Brakpan SAPD aangemeld.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Exit mobile version