Editor's noteLocal newsNews

Voortrekkers leef hul visie uit

Inwoners van die Ebenhaeser Tehuis vir Bejaardes is Saterdagmiddag (16 Junie) bederf toe lede van die Saamstaan Voortrekker Kommando besoek aan die tehuis afgelê het.

“Ons kommando is gebaseer daarop om die Voortrekker ABCD-leuse naamlik Afrikanerskap, Burgerskap, Christenskap en Diensbaarheid uit te leef,” het die kommandoleier, Anita Jansen van Rensburg, gesê.

“Ons visie is om meer by die gemeenskap betrokke te raak, vandaar ons kuier by die Ebenhaeser Tehuis vir Bejaardes.

“Dit is baie belangrik om nie van ons bejaardes te vergeet nie aangesien baie van hul nie kinders en kleinkinders het wat hul besoek nie.

Lede van die Saamstaan Voortrekker Kommando het Saterdag die inwoners van die Ebenhaeser Tehuis vir Bejaardes besoek.

“Ons het besluit dat Jeugdag (wat Saterdag gevier is) die perfekte dag sou wees om die bejaardes van Ebenhaeser te herinner dat hulle steeds ’n belangrike deel van ons samelewing uitmaak,” het Jansen van Rensburg gesê.

Lees ook: Inwoners geïnspireer om ’n verskil te maak

Die groep is ook besig met ’n plastiekproppie insameling vir ’n rolstoel en is in die proses om skryfbehoeftes vir kinders in nood in te samel.

’n Besoek aan die Brakpan DBV is ook op die agenda van die Voortrekkers.

Ebenhaeser inwoner Cathy Labuschagne (middel) het die besoek geniet. Saam met haar is Katinka Ahlers (links) en Magda Steyn, wat een van die organiseerdes was.

Die Voortrekker Kommando is aan die einde van Januarie in Brakpan gestig.

Die groep kom elke Vrydagmiddag bymekaar en belangstellendes wat wil inskakel kan vir Jansen van Rensburg by 074 474 2248 kontak.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button