Local newsNews

Lekker warm sop en ’n kombers teen die winterkoue

Sowat 120 behoeftige mense het Saterdag (16 Junie) by Rata Maatskaplike Dienste se kantoor ’n teenvoeter vir die winterkoue ontvang.

Rata (voorheen die Ondersteuningsraad) maak reeds die afgelope paar jaar ’n plan om gedurende die winter soveel moontlik komberse en warm klere op ’n spesifieke dag aan behoeftiges van die dorp te gee.

Vanjaar het Rata en Tutela (voorheen Christelik Maatskaplike Raad) hande geneem en die projek gesamentlik aangebied.

Lees ook: Voortrekkers leef hul visie uit

Danksy skenkings van lidmate van verskeie kerke, individue en sakemense het sowat 120 mense Saterdag elk ’n warm kombers en kledingstukke ontvang.

Die groep mense het ook elk ’n welkome beker sop gekry.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Related Articles

Back to top button