Inwoners geïnspireer om ’n verskil te maak

Dr Gous se woorde dat om jou talent aan te wend om ’n behoefte aan te spreek en ’n blywende verskil te maak, het beslis ’n daadwerklike indruk gemaak.

Die bekende lewensafrigter, skrywer, spreker en ook aanbieder van die gewilde Fiks Vir Die Lewe program op Radio Sonder Grense, Dr Gustav Gous, was Saterdagoggend die spreker by ’n ontbyt wat deur Tutela (voorheen bekend as die Christelike Maatskaplike Raad) aangebied is.

“Kos vir die Siel, Kos vir die Liggaam” was die tema waarop Dr Gous sy motiveringspraatjie gebaseer het.

Hy het ten bate van Tutela die gemeenskap van Brakpan gemotiveer en toegerus om die slagspreuk “Vir die mense van Brakpan, deur die mense van Brakpan” te laat waar word deur hande te vat en ’n verskil te maak.

Rolspelers wat Saterdagoggend se ontbyt ’n sukses gemaak het, is (van links) Hendrik Labuschagne, Elize Müller, Emmie Combrinck, Wilma Labuschagne, Robert Geyser, Alta Rudolph, Naomi Mostert, Retha Meyer en Dr Gustav Gous.

Tydens die ontbyt, na afloop van Dr Gous se praatjie, het geïnspireerde gaste idees vir projekte om ’n verskil in die lewens van Brakpanners te maak, met mekaar gedeel.

Tutela se volgende projek vind môre (Saterdag) plaas wanneer skenkings en etes “Deur die mense van Brakpan, vir die mense van Brakpan” uitgedeel gaan word.

Lees ook: Gous to inspire at Tutela fund-raiser

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version