Editor's choiceLocal newsNews

Help om morsjorse vas te vat

Die Off Road Xpeditions 4x4 baan, wat aan die agterkant van Muriel Brand Skool grens, word gereeld deur 4x4 entoesiaste en veldfietsryers gebruik.

Die baan is ook ’n groot trekpleister vir die jaarlikse Just Wheels Motorskou, wat volgende Saterdag (26 Mei) by Muriel Brand skool gehou word.

Persone wat die baan in stand hou sit egter met hulle hande in die hare, danksy oortreders wat dit goed dink om die baan as ’n stortingsplek vir bourommel en vullis te gebruik.

“Dit gebeur op ’n gereelde basis dat daar sekere slegte elemente uit ons geledere kom en die baan met bourommel of huishoudelike vullis bemors,” het Jaques van der Walt van Off Road Xpeditions gesê.

Lees ook: Onwettige bedrywighede by plakkerskamp pla

“Ons moet dan die baan op eie koste skoonmaak en die instandhouding op ’n sekere vlak probeer hou,” het Van der Walt bygevoeg.

“Ons doen ’n beroep op die publiek om op die uitkyk vir onwettige storting te wees.

“Ons versoek dat die registrasienommer van die oortreder se voertuig neergeskryf en deurgegee word aan die personeel van die Ekurhuleni metro se reinigingsafdeling.

“Met die Just Wheels Motorskou net om die draai wil ons graag die baan in ’n perfekte toestand hê om ’n genotvolle dag aan die besoekers te kan verskaf,” het Van der Walt gesê.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Related Articles

Back to top button