So lyk die wenner van ons Moedersdag fotokompetisie

Die foto van Martie Jacobs saam met haar drie dogters en haar ses kleinkinders is uit vele inskrywings gekies as die wenfoto van die Herald se Moedersdag fotokompetisie.

Martie wen ’n pamperlangsessie van van C’est la Vie Day Spa in Dalpark. Die prys sluit ’n gesig-, hande- en voetbehandeling asook ’n vol lyfmassering in. ’n Lekker Cappuccino en koek sal ook bedien word.

Kyk hier na sommige van die ander inskrywings wat ons ontvang het.

Piet Smith het hierdie foto van Mikayla Smith (4) en haar ouma Tanja Boshoff (51), wat pret met kleur poeier gehad het, ingestuur.
Karin Roets (26) het die selfie van haar en haar twee-jarige dogtertjie Karlien geneem terwyl hulle buite gespeel het.
Noleen Botha (26) saam met Mieke (5) en Wianru (1).
Rita Smit (53, links) en haar dogter, Alida du Toit (34).
Lucy van Greunen (30) saam met haar kinders Caden (8) en Paris (4) Warwick.
Caitlin Trollip (30) met haar dogter Gabrielle Tracy (3) en seun Jaden Steven (6).
Hierdie foto van Doreen Booyens (36) en haar seun Kian (3) is in April tydens ’n vakansie in Margate geneem.
Chantall Doyle (35) en haar kinders, Anuscka (15) en Ricardo (11).
Anne Maffini (56) se man, Mario het die foto van haar en haar dogter, Melissa (12) geneem.

Lees ook: Spend time with mom this Mother’s Day

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Exit mobile version