Local newsNews

Vroue ontdek man wat aan boom in Brakpan-Noord hang

Twee vroue, wat vanoggend vroeg op pad was na die Verre Oosrand Hospitaal, was geskok toe hulle die lewelose liggaam van ‘n man aan ‘n boom sien hang.

Die liggaam van die man het aan ‘n boom in ‘n veld in Hospitaalweg gehang.

Joan Willemse (64) van Voortrekkerweg het vertel dat sy ongeveer 6.10vm gery het om haar aanstaande skoondogter, Belinda Henning (23) na die hospitaal te neem. Dit was nog effe donker.

“Belinda het vir my gesê dat sy iets aan die boom gesien hang het. Ek het ‘n u-draai gemaak en ons het gesien dat dit ‘n persoon is wat aan ‘n tou hang,” het de Kock gesê.

Lees ook: Aanvaller kap man herhaaldelik met panga

“Nog ‘n motoris het kort daarna stilgehou. Ek het jare se ondervinding in verpleging en ek het aan die persoon se linker pols gevoel. Hy was reeds koud en daar was geen teken van lewe nie.

“Wat vir my veral ontstellend was, was toe die man se foon in sy sak gelui het terwyl ons daar gestaan het,” het Willemse gesê.

Die voorval sal deur die SAPD ondersoek word.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Related Articles

Back to top button