CrimeEditor's choiceNews

AfriForum hou massapatrollie

Die massapatrollies word gehou om die sigbaarheid van buurtwagte te verhoog, asook om misdaad te bekamp.

AfriForum se Brakpan-, Alberton-, Benoni-, Edenvale-, Germiston- en Kempton Park-buurtwagte het onlangs, in samewerking met verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies, aan die burgerregte-organisasie se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Die aksie het om 6nm begin en tot 6vm die volgende oggend geduur.

’n Totaal van 131 patrolleerders, wat sekuriteitsmaatskappye en ander veiligheidsinstansies se personeel uitgesluit het, het deelgeneem.

Lees ook: Die `boer’ is niks anders as ‘n skelm

Altesaam 6 120 kilometer is in nagenoeg 739 manure afgelê en geen ernstige voorvalle is aangemeld nie.

“AfriForum se Oos-Rand-buurtwagte sal voortdurend projekte aanpak en gereeld patrollie ry om in samewerking met die SAPD en ander veiligheidsinstansies te poog om misdaad hok te slaan en veiligheid te bevorder,” het Hillel Coetzer, AfriForum se veiligheidskoördineerder vir Gauteng, gesê.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button