CrimeEditor's choiceNews

Pa steek kind in kas weg toe inbrekers toeslaan

Waarskuwing: Die foto onderaan die berig kan sensitiewe lesers ontstel.

Vyf mense is Woensdagoggend ongeveer 1vm aangerand toe vier mans by ‘n huis in Joubertstraat, Brenthurst ingebreek het.

Drie van die beseerdes het ernstige beserings opgedoen en moes mediese behandeling ontvang.

Bebloede beddegoed en bloed besmeerde mure en vloere het die verhaal vertel van die angsvolle oomblikke wat die slagoffers moes beleef het.

Die bebloede kussings is ‘n aanduiding van die wrede aanval op die inwoners van die huis.

Volgens inligting  van die SAPD het vier rowers die deur van die huis, waarin verskeie mense geslaap het, oopgebreek.

Lees ook: Huisrowers rand jong mense aan, slaan hondjie dood

 

‘n Jong kind (ongeveer 3 jaar) was ook ten tye van die voorval in die huis maar die kind se pa kon daarin slag om hom en die kind se ma in ‘n kas te versteek voordat die booswigte toegang tot die huis kon verkry.

Die inbrekers het die inwoners aangerand en selfone asook ‘n klein bedrag kontant en persoonlike dokumente geneem voordat hulle op die vlug geslaan het.

Die voorval word deur die SAPD ondersoek.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Related Articles

Back to top button