Local newsNews

Praatjie vir die gesin

Die publiek word uitgenooi om op 13 April ’n interessante geleentheid by die NH-kerk, Brakpan by te woon.

Prof Stephan Joubert sal ’n praatjie met die tema “Wen gesinne” aanbied.

Dit is moeilik om ’n wen pa, ma of gesin te wees in onrustige en onseker tye en Joubert sal die onderwerp bespreek.

Volwassenes sowel as kinders is welkom en ’n ligte ete is by die prys van die kaartjies ingesluit.

Die verrigtinge sal om 6.30nm begin in die kerksaal wat op die hoek van Parkstraat en Wendenlaan geleë is.

Kaartjies kan vooraf verkry word by ds Pieter Uys (072 288 1291) of Steven Weber (084 662 3389).

Lees ook: Happenings

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Related Articles

Back to top button