Local newsNews

VIDEO: Bakkie maak dit deur watermassa in duikweg

Ten minste een voertuig moes vanoggend uit die Stoffberg duikweg gesleep word nadat ‘n massa water in  die duikweg  opgedam het, as gevolg van die gietende reën.

Die Ekurhuleni Metro Polisie het motoriste reeds gisteraand gewaarsku oor die moontlikheid dat die duikweg onbegaanbaar sou raak.

Dié verskynsel is nie ongewoon nie en talle motoriste het al voorheen in die moeilikheid beland, wanneer water in die duikweg nie vinnig genoeg wegspoel nie en dan opdam.

Vanoggend, om 8vm moes insleep dienste ‘n minibus, wat gepoog het om deur die water te ry, uitgesleep het.

Insleep dienste moes vanoggend ‘n minibus uit die Voortrekker
duikweg sleep.

Die bestuurder van die minibus was ongedeerd.

Terwyl dié proses aan die gang was het die bestuurder van  nog ‘n minibus dit gewaag om deur te ry maar vinnig agter gekom dat hy dit nie gaan maak nie. Hy kon daarin slaag om uit die water te kom voordat hy in die moeilikheid beland het.

‘n Motoris in ‘n wit bakkie het kort daarna die situasie bekyk en met gemak deur die water gery.

Kyk hier na die video:

Motoriste word gewaarsku om liewer die duikweg te vermy.

Lees ook: Dringende waarskuwing: Wees versigtig by die Stoffberg duikweg

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Related Articles

Back to top button