Ou skedonk is verwyder

Talle mense het die afgelope tyd navraag gedoen oor hierdie onooglike wrak wat al vir ’n geruime tyd in Kingswaylaan gestaan het.

Die ou vernielde BMW wat vir etlike weke in Kingswaylaan gestaan het en vele mense warm onder die kraag gelaat het, is uiteindelik verwyder.

(Die Herald het verlede week ’n foto daarvan gepubliseer).

Die Ekurhuleni Metro Polisie sou die oogseer verlede Dinsdag verwyder maar die eienaar het onderhandel en aangedui dat hy die wrak verlede Donderdag self sou verwyder.

Dit het egter nie gebeur nie maar na verdere aksie deur beamptes van die Metro Polisie is die wrak uiteindelik Maandag deur die eienaar weggeneem.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version