In die kollig – Leer Brakpan se mense ken

Anel Kriel (13) is vanjaar die hoofdogter van die Laerskool Môrewag. Sy woon saam met haar ouers Derick en Barbra Kriel en ouer broer, Wiehan (17) in Brakpan-Noord.

• Wat is jou pligte as hoofdogter van die skool?

Om my skool se naam te alle tye hoog te hou. As hoofmeisie sal daar deur die loop van die jaar na my opgekyk word en ek sal poog om alles na die beste van my vermoë te doen.

• Wat maak van ’n mens ’n goeie leier?

Om goed te wees vir jou skool, asook om die ander kinders in moeilike tye te help. Dit is belangrik om respek te hê vir die onderwysers en al die ander leerders in die skool.

• As jy raad vir jonger leerders kon gee, wat ook graag hoofmeisie wil word, wat sal dit wees?

Jy moet ’n goeie hart hê en altyd bereid wees om te luister. Jy moet selfvertroue hê en jy moet goeie leiding kan neem en gee.

• Die jaar is nog lank, waarna sien jy die meeste uit?

Om nuwe vriende te ontmoet maar beslis om meer te leer oor leierskap.

• Watter vak is vir jou die lekkerste en hoekom?

Natuurwetenskappe, want ek het ’n sagte hart vir die natuur. Ek geniet dit om in die natuur te wees. Ek het ’n baie sagte plekkie vir diere.

• Watter vak sal jy liewer ’n mis gee as jy kan?

Ek sal nie een van my vakke opgee nie, want ek wil goed doen met akademie.

• Beoefen jy sport by die skool en dink jy dit is belangrik dat kinders aan sport deelneem?

Ja, ek neem deel aan sport. Dit is goed vir ’n mens se gesondheid. Oud en jonk behoort dit te doen.

• Dink jy daar is hoop vir die jong mense van hierdie land?

Ja, daar is beslis hoop as elke individue net baie hard werk. Veral die jonger geslag.

• As jy een wens het, wat bewaarheid sou kon word, wat sou dit wees?

Ek sal graag wêreld vrede wil hê.

• Het jy al besluit wat jy eendag wil word?

Ja, ek wil graag ’n veearts word.

• Dink jy kinders van vandag spandeer te veel tyd op hul selfone?

Ek dink so. Kinders kan liewer meer tyd agter die boeke spandeer.

• Wat laat jou sommer lekker lag?

Sommige van die kinders by die skool en my familie laat my lekker lag.

• Wat maak jou baie gou kwaad?

Boelies en plaasmoorde maak my baie kwaad. Dit is net nie aanvaarbaar nie.

Lees ook: Morries se blinknuwe leiers is reg vir 2018

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Exit mobile version