NewsSchools

Die Anker skop stof in Hugenote se oë

Honderde toeskouers het Saterdag die jaarlikse derby tussen Hoërskool Die Anker en Hugenote bygewoon.

Die derby is elke jaar ’n hoogtepunt op beide die skole se kalender en het vanjaar weer vir groot opwinding gesorg.

Die rugby- en netbalwedstryde is in Springs gespeel. Die Anker se eerste rugbyspan asook die o-14a-, 0-15a- en die tweedespan het gewen. Die o-16a span het met 12-26 verloor.

Die eerste span het hulle wedstryd stadig begin en heelwat foute gemaak, wat gesorg het dat Hugenote halftyd ’n voorsprong van 10-6 gehad het.

Corné Mulder het in die eerste helfte vir Die Anker twee strafdoele tussen die pale deur gejaag. In die tweede helfte het Die Anker beter gespeel en het die wedstryd in die span se guns begin draai. Sergio Moreira, Die Anker se slot, wat ook as die man van die wedstryd aangewys is, het die eerste drie na ’n kraglopie gedruk.

Met slegs 15 minute speeltyd oor het Die Anker hul tweede drie, na ’n uitstekende rolskop deur binnesenter Christiaan Theron, gaan druk. Juanrich Botha het die skoppie bemeester en het geen probleem gehad om Hugenote se heelagter te klop nie.

Die Anker het die wedstryd met 20-13 gewen.

Lees ook: Hoërskool Die Anker herskryf die rekordboeke

Op die netbalbane het dit ook voor die wind vir die Anker se spanne gegaan.

Ses Anker spanne, naamlik die o-14b, o-15a, o-15b, o-16a, o-16b en o-17b het hule wedstryde gewen en die eerste span het gelykop met 40 doele elk gespeel.

Die eerste netbalspan het gelykop teen Hugenote met 40 doele elk gespeel. Hulle is (van links): Norma-Jean Roets, Michaela Cothill, Simone le Roux, Nicole Gertenbach, Ella Wessels (afrigter) Kayla Liebenberg, Zuré van Tonder, Geanné Dicks, Chantel Erasmus en Katelyn van Eeden.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button