Local newsNews

In die Kollig: Leer Brakpan se mense ken

Elsabé Grobler (32) is die nuutverkose voorsitter van die Brakpan tak van die Vroue Landbou Unie. Sy woon saam met haar man, Hendrik en hul vyf-jarige tweeling Rivan en Ruvan in Dalview.

• Hoe lank is jy al ’n lid van die Vroue Landbou Unie?

Ek is reeds vir die afgelope 11 jaar ’n lid van die VLU.

• Wat behels jou pligte as voorsitter van die tak?

Daar word van my verwag om ons maandelikse vergaderings te lei. Ek moet ook die korrekte inligting van die streek oordra, wat noodsaaklik is vir ons kompetisies. Ek moet seker maak dat alles in ons tak vlot verloop.

• Sou jy ander vroue aanraai om aan te sluit, en hoekom?

Baie beslis. Dit is die perfekte geleentheid om jouself as vrou te bevorder. Daar is soveel gratis kuns en handvlyt demonstrasies by die vergaderings. Die lede deel kennis en help graag uit indien iemand raad nodig het. Dit is die perfekte ondersteuningsgroep waar opregte vriendskappe gebore word en jare later nog net so mooi is.

• Wat doen jy graag in jou vryetyd?

Ek hekel, brei, skryf en spandeer graag tyd saam met my twee seuns.

• Waar is jou gunsteling vakansieplek en hoekom juis die plek?

Sjoe, as ek die geleentheid kry sal dit in die berge wees, want daar besef mens die grootheid en nabyheid van ons God.

• Kan jy sonder ’n selfoon leef?

Ja, dit word nie verniet ’n “sel”-foon genoem nie. Mens moenie laat dit jou gevangene hou nie.

• Verkies jy dit om uit te eet of liewer self kos te maak?

Dit is vir my lekker om self kos te maak.

• Watter gereg kan jy toe oë maak sonder dat dit “flop”?

Dit sal beslis souskluitjies wees.

• Het jy nog enige doelwitte wat jy graag wil bereik?

Ja, ek wil graag ons familiebesigheid uitbrei tot hoër vlakke, naamlik ’n suksesvolle aanlynwinkel.

• Sal jy eerder in ’n grot vol vlermuise of spinnekoppe beweeg?

Ek sal eerder agteruit beweeg en so gou as moontlik!

• Wat sal ’n mens altyd in jou handsak vind?

Lekkers en lipstiffie (wat ek nooit gebruik nie).

• Op wat sal jy geld spandeer sonder om twee keer te dink?

My kinders en wol.

• Watter vyf woorde sal jou die beste beskryf.

Reguit, eerlik, opreg, uniek en streng.

Lees ook verlede week se kollig: In die Kollig: Leer Brakpan se mense ken

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Related Articles

Back to top button