Maryann glimlag breed oor nuwe rolstoele

Die 64-jarige vrou, wat verlede week nog met ’n verslete rolstoel oor die weg moes kom, glimlag weer van oor tot oor.

Die Herald het verlede week berig oor die penarie waarin Maryann van Greuning haarself bevind het.

Dié diabeet het agt jaar gelede ’n rolstoel van ’n weldoener gekry nadat die Herald destyds oor haar nood geskryf het.

Dié stoel het na agt jaar se gebruik uitmekaar begin val en die van Greuning’s kon nie ’n nuwe stoel bekostig nie.

Nadat die berig Vrydag gepubliseer is, het Maryann se man, Hennie ongeveer 15 oproepe van weldoeners ontvang.

“Ons was in die wolke en het uiteindelik twee stoele in ontvangs geneem,” het Hennie vertel.

Volgens hom is die een stoel meer geskik vir ongelyke terreine en die ander een vir meer gelyke oppervlaktes.

“Ons is uit die diepte van ons harte baie, baie dankbaar teenoor die mense wie vir ons die stoele geskenk het, maar ook vir dié wat gebel het om hulp aan te bied.

Daar is nog baie goeie mense daar buite en nou het my vrou weer twee mooi stoele,” het Hennie gesê.

Volg ons:

Instagram

Twitter

Facebook

Exit mobile version