Groot pret by Sonneveld Akademie se karakterdag

Leerders en onderwysers van Sonneveld Akademie het onlangs groot pret gehad toe elkeen soos ’n karakter van hul keuse skool toe gegaan het.

Die drie onderwysers was net so opgewonde soos die leerders oor karakterdag. Hulle is (van links): Alecia van der Westhuizen, Anita Burns en Letitia Smit.
Dian Meyer (links), Chenelle Dietrechsen en Keilla Cronje het met hul uitrustings te fraai gelyk.
Sonneveld Akademie se matriekleerders het soos Minnie-muis en Mickey-muis aangetrek. Hulle is (van links): Lizay van der Westhuizen, Cherray Herron en Jarred Elliott.
Eliska Venter (links) en Luke Loggenberg was mooi opgetooi vir die dag.
Leerders en onderwysers het ’n pretvolle dag by Sonneveld Akademie gehad.
Damian Jordaan (links) het besluit om soos ‘n Ninja Turtle aan te trek. Heinrich Burger het besluit op blou vir die ‘Smurfs’, terwyl Kaylee Schutte, soos Elsa van Frozen wou vertoon.

Lees ook: Sonneveld Akademie kies sy leiers vir 2018

Volg ons:

Instagram

Twitter

Facebook

 

Exit mobile version